Monday, April 19, 2010

BEGROOT ! BEGROTING ? O GAATS !!??*#

Die   "aangenaamheid" en "plesier" van begroting 
Gedurende die volgende paar weke gaan ek hier riglyne plaas van hoe om behoorlik te begroot en jou wys dat jy skuldvry kan wees binne 5 jaar ( ja jou huis ook afbetaal). Dis natuurlik as jy die riglyne volg en soos 'n gehoorsame student doen wat ons aanbeveel. 


TEN EERSTE :  HIER IS 10 BASIESE DINGE OM TE WEET :  Begroting is 'n noodsaaklike euwel. Maar dit is 'n praktiese manier om presies te weet wat jy spandeer en om seker te maak jou geld word gebruik vir dit waarvoor dit bedoel is.  Dit gaan alles oor disipline en baie daarvan!  Ons gaan tot vervelens toe daaroor praat.

1.  Eerstens : Bepaal waar gaan jou geld heen - Gebruik 'n excel blad wat deur ons verskaf kan word gedurende ons een dag kursus.  'Daar is ander soortgelyke dokumentasie beskikbaar ( verskeie boekhou programme bevat dit ook maar ons stel voor jy kom na ons finansiĆ«le fiksheids klas toe en leer dit op die regte manier,
2.  Bepaal jou langtermyn finansiĆ«le doelwitte en meet jou huidige spandeer patroon daaraan .
3.  Op 'n maandelikse basis bestuur nou jou inkomstes en uitgawes deur gebruik te maak van jou excel plan ten einde seker te maak dat jy op doelwit bly.
4.  Moet nie te puntenerig wees nie = As jy jou rekenaar program te fyn instel gaan jy in te veel detail betrokke raak.  Detail is goed maar nie te veel daarvan nie - As jy eers gewoond is om te prioritiseer en dan besluit waaraan moet jy meer aandag gee en waaraan minder sal jou fokus vinnig verander en sal jy begin agter kom wat jou aandag verg.
5.    Die gevaar van te veel en te gereeld kontant trek .  As jy vandag 'n R 1000 sou trek en vind jy moet dit more weer doen kan jy dalk iewers 'n dief raakgeloop het : JY !  Geredelike beskikbare kontant in jou beursie is 'n definitiewe lokaas om te veel te spandeer. Hou maar 'n klein swart boekie aan en kyk waarop spandeer jy jou kontant.
6.  Om buite jou vermoe geld te spandeer is uiters gevaarlik ! Alhoewel dit wil voorkom asof jy steeds in goeie geselskap is ( of swak geselskap - hang af hoe jy daarna kyk ) is daar net een oplossing :
Ja , jy het reg geraai : Daai Disipline ding !
6. PASOP : sekere luukshede het die gewoonte om hulle as noodsaaklikhede te verdoesel.  Poeding elke aand, sigarette, alkohol is van hierdie kalante.  Onthou die balanseer syfer in 'n begroting moet 'n (+) wees en nie 'n (-) nie .
8.   Die 10% reel . Die ideaal van 'n begroting is dat slegs 90% van alle inkomstes aan die uitgawe kant beland. Op hierdie manier spaar jy elke maand 10%.  Hierdie moet in 'n kennisgewing deposito beleggings rekening gaan waar jy dit nie kan trek sonder om minstens 'n maand kennis te gee nie ! Ja , ja daai disipline ding alweer. 
9.  Daai ektras.  Moet nie moontlikhede in jou begroting gebruik nie - Bonusse , belasting terugbetalings en ander meevallertjies moet liefs ook in die beleggingsrekening gaan .
9. Inflasie is 'n werklikehid    Wanneer jou inkomstes met die tyd verhoog en jy vind dat die begroting nou baie makliker balanseer is die geneigdheid daar om die disipline 'n bietjie slap te laat le.  Onthou daar is nog steeds die langtermyn doelwitte om te haal.  
10.  Laaste maar eintlik die belangrikste : Disipline  As jy dit nie het nie is die skuldeisers en skuld beraders jou voorland.

Suksesvol in besigheid

Begin jou eie suksesvolle besigheid !   Jy Kan !  Kom luister gerus na ons een uur aanbieding oor sukses in besigheid en die rol van die besigheidsplan - Onthou as iemand anders jou plan vir jou skryf is dit nie jou plan nie !  Jy moet dit self doen en ons gaan jou wys hoe !   Stuur net n epos aan ons by afrikaans@brandow.co.za

Nou ook in Afrikaans

Sal dit nie wonderlik wees as jy voortaan altyd die woorde "Nou ook in Afrikaans" op pamflette en nuusberigte kan sien en hoor nie?
Ek is nie fanaties  Afrikaans nie maar het n besigheids besluit geneem dat ek voortaan alle dokumentasie en eposse wat ek vir bemarking uitstuur altyd "nou ook in Afrikaans beskikbaar" sal merk en dan n spesifieke poging sal aanwend om dit so beskikbaar te kan stel.

Ons spesialiseer in opleiding vir voornemende nuwe besigheids eienaars (Entrepreneurs) en is al ons materiaal tans nog net in Engels. Maar ons vlagskip aanbieding : Hoe om jou eie besigheid te begin
is in die proses om vertaal te word en sal binnekort ook in AFRIKAANS aangebied word.

Interesante berigte wat in die media verskyn oor Afrikaans sal voortaan ook hier n skakel kry
Teken gerus in om inligting te ontvang oor nuus van Afrikaanse belang !